![]() |
|
Plokwane is "die" blyplek.Polokwane is glo die beste keuse as jy in Suid-Afrika 'n stad soek om in te woon. In 'n studie deur Men's Health om die eerste en laaste keuse van blyplekke te bepaal, is Polowkane (voorheen Pietersburg) in die eerste plek. Oos-Londen is tweede, gevolg deur Port Elizabeth, Pretoria, Johannesburg, Nelspruit, Kaapstad, Durban en Bloemfontein. Die agt faktore wat is ag geneem is in die studie sluit in gesondheid (getal mense met siektes van diabetes en hartmoeilikheid tot verkoue en MIV/vigs), gehalte van lewe (misdaad, verkeer en omgewingsfaktore soos reënval) en fiksheid (getal gimnasiums en openbare swembaddens). As die "gesondste" stad het Polokwane die minste mense met hartsiektes en die minste diabetes naas Bloemfontein. Polowkane spog ook op een ne met die laagste misdaadstatistiek. Die getal huis inbrake in 2005 was 1417 vergeleke met 2091 in Nelspruit wat net so groot soos Polokwane is. Kaapstad vergelyk maar swak met meer as 30 000 inbrake in die jaar. Die enigste negatiewe punt van Polokwane is dat dit in 'n laer reënval gebied geleë is. Volgens Men's Health se adjunk-redakteur, Adam Cooke, het die tydskrif in die studie bevind dat Suid-Afrika het min goed nagevorsde, bruikbare en akkurate inligting oor sy stede. "Dit het ons genoodsaak om die uitdaging te aanvaar. Ons is beslis verras met die uitslag, maar ons het bewys dat kleiner stede die gesonder opsie is." In Polokwane heers groot opgewondenheid oor die studie en die bevinding. Mnr, Simon Mokoatedi, kommunikasiebestuurder van Polokwane, sê die stad is beslis nie net nog 'n stad op Suid-Afrika se kaart nie, maar 'n stad om mee rekening te hou op die wêreldkaart. "Ons hoop dit strek tot voordeel van die stad en die provinsie se ekonomie, wat 'n beter lewe vir almal sal beteken.
|
![]() |
|
Developments for sale: All New Developments for Sale Limpopo Disclaimer |